Die asemrowende Voortrekkermonument Erfenisterrein is in die noordelike deel van Suid-Afrika, in die Tshwane (Pretoria)-streek geleë. Die unieke Monument gedenk die pioniersgeskiedenis van suidelike Afrika en die geskiedenis van die Afrikaner en is in ‘n pragtige omgewing geleë.
Die personeel van die Toeriste-inligtingsentrum bied uitstekende diens en roem hulleself op hul uitgebreide kennis van:
- Aktiwiteite en besoekersaantreklikhede
- Suid-Afrikaanse historiese- en erfenisterreine
- Streeksinligting
- Toeriste-inligting
- Raad aan buitelandse toeriste
- Internet-fasiliteite
- Buitelandse valuta
Laat ons u op u Afrika-vakansie-ervaring vergesel!
Vir meer inligting, kontak: +027- (0) 12-326-6770