Afrikaans Top

Zulu-Hut

zuluDié medium-grootte Zulu-hut is ‘n replika van die hutte wat tydens die herkonstruksie van ‘n gedeelte van die koninklike hoofstad Umgungundlovu in die 1980’s opgerig is. Koning Dingane het die hoofstad tydens sy regeringstydperk (1828-1840) laat bou. Dié hut is tipies van die wonings wat in die destydse Zululand aangetref is en tradisioneel deur mans gebou is.

Kenmerkend van die tradisionele indlu (hut), is die byekorfstyl waarin dit gebou is. Die raamwerk bestaan uit jong boompies wat in ‘n sirkel in die grond ingeplant is, inwaarts gebuig en aan mekaar vasgemaak is. Na voltooiing van die raamwerk, is die hut met dekgras bedek. Die hutvloer is van ‘n mengsel van miershoopklei en beesmis gemaak, waarna dit met beesvet gesmeer is.

Bouers uit KwaZulu-Natal

Latwerk: John Mbatha & Zeph Sibiya

Dekwerk en vloer: Francisca Msimango & Ntombi Ngema

Website Maintenance by Pretoria Web Design