Afrikaans Top

Tapisserie

tapestriesDie Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging se Vrou-en-Moederbeweging het op 14 Desember 1960 die Geskiedkundige Tapisserie aan die Voortrekkermonument geskenk. Nege vroue het agt jaar lank aan die vyftien tonele uit die Groot Trek gewerk en dit bevat altesaam meer as 3,3 miljoen stekies. W.H. Coetzer het die tonele op tapisseriegaas geskilder, waarna die vroue dit uitgewerk het.

Website Maintenance by Pretoria Web Design