Afrikaans Top

Spys en Drank

food1

food2

food3

food4

food5

Monument Restaurant

Kapasiteit 120-300 gaste

Word ook verhuur vir enige tipe onthaal bv. troues, matriekafskeidfunksies, modeparades, kantoorpartytjies ens. Geleë in die rustige natuurreservaat van die Voortrekkermonument Erfenisterrein. Baie sentraal en naby alle hoofroetes na Pretoria. Luuks gemeubileerd, voldoende parkering, rustige omgewing, professionele spyseniering, is maar ‘n paar kenmerke.

Monument Restaurantsaal

Kapasiteit 80-160 gaste

‘n Byderwetse lokaal, met ‘n mooi uitsig oor die stad. Gedrapeerde dak, eikehoutmeubels en ‘n kuierstoep rondom die saal verseker ‘n aangename atmosfeer. Beskikbaar vir enige tipe funksie. Smaaklike kos gewaarborg. Lugverkoel.

Teetuin

Ligte, keurige etes kan van Maandag tot Vrydag op die restaurant se stoep of in die teetuin genuttig word. Spesiale spyskaarte beskikbaar vir toergroepe en ander groepbesprekings – van ‘n braai tot ‘n tradisionele sop en brood-ete.

Sondag Buffet

Smaaklike kos en waarde vir geld – soos net Ouma dit gedoen het. Kom geniet die ontspanne atmosfeer met sagte agtergrondmusiek. Spesiale afslag vir Vriende van die Voortrekkermonument! Springkasteel beskikbaar vir kinders.

Kiosk

Is beskikbaar vir vinnig voorbereide, ligte versnaperings, peuselhappies en iets om die dors te les, voor of na die uitstappie na die Voortrekkermonument. Die kiosk is aan die westekant van die trappe na die Monument geleë.

Snoepie

Die snoepie is aan die anderkant van die trappe, noord van die VTM geleë (Naby die kunsgalery). Ligte verversings word verkoop. Oop vir skoolgroepe op aanvraag.

Website Maintenance by Pretoria Web Design