Afrikaans Top

Schanskop Amfiteater

fort3Hierdie besonderse, intieme amfiteater vorm deel van die uitbreidings te Fort Schanskop. Schanskop Amfiteater is op 30 Januarie 2001 amptelik geopen met ‘n baie suksesvolle konsert. Die bekende akteur, Carel Trichardt, het as president Paul Kruger die opening waargeneem en die Fort vir veilige bewaring aan die Voorsitter van die Direksie oorhandig.

Met sitplek vir 357 mense is dit ideaal vir klassieke Sondagmiddagkonserte in die winter of opwindende musiekkonserte op warm somersaande.

Die aanvraag vir ander funksies, troues, jeuggroep-aktiwiteite en kerkdienste is ook groot.

Vir Besprekings, skakel gerus vir Hennie Coetzee op (012) 326 6770.

Indien u hierdie fasiliteit aanlyn wil bespreek, kliek hier

Website Maintenance by Pretoria Web Design