Afrikaans Top

Retief Gedenknaald

retiefArgiteksfirma: Meiring, Naudé, Lötter en Botha
Voltooi: 14 April 1971

Hierdie granietgedenknaald verteenwoordig die naald wat in 1922 by Umgungundlovu (KwaZulu-Natal) opgerig is om die plek aan te dui waar Piet Retief en 70 van sy mede-trekkers op 6 Februarie 1838 in opdrag van die Zulukoning, Dingane, vermoor is.

Die Trekkers is in die koninklike kraal, Umgungundlovu, oorval waarna hulle na die koppie genaamd KwaMathiwane, gesleep is. Hulle oorskot is eers op 21 Desember 1838 deur Andries Pretorius en sy kommando gevind en daar begrawe.

Website Maintenance by Pretoria Web Design