Afrikaans Top

Piekniekterrein & Sale

Piekniekterrein VoortrekkersaalKombuis

 

Al ooit gewonder waar om ‘n piekniek of braai te hou in ‘n oop, veilige en skoon omgewing met ‘n wonderlike uitsig?

Die piekniekterrein by die Voortrekkermonument Erfenisterrein is die antwoord. Die area is in ‘n natuurreservaat geleë waar bokke en perde van tyd tot tyd by die watergat net oorkant die pad suip. Met beide die Voortrekkermonument en Fort Schanskop net ‘n klipgooi ver, en ‘n geleentheid om op ‘n perd te ry, is hierdie die ideale uitspanplek gerieflik na aan die stad.

Bring gerus u gesin en vriende of kollegas by die werk vir ‘n bietjie afwisseling van die alledaagse gejaag. Bring u eie braaihout en houtskool saam.

Die piekniekterrein bevat ook twee sale met ablusiegeriewe en ‘n kombuis elk wat gebruik kan word vir informele byeenkomste, familie-reunies, ens. Albei bied ruim onderdak fasiliteite vir groter groepe persone.

Indien u een van die sale of die piekniekterrein wil huur, skakel Erna Erasmus by (012) 326 6770 vir meer besonderhede.

Indien u hierdie fasiliteit aanlyn wil bespreek, kliek hier

Website Maintenance by Pretoria Web Design