Afrikaans Top

Monument

wed1

mon2

mon3

Die Voortrekkermonument as ‘n unieke Suid-Afrikaanse erfenisskat leen hom uitstekend tot eksklusiewe klassieke musiekuitvoerings en kooroptredes. Die Heldesaal met die historiese marmerfries kan tot en met 600 persone akkommodeer en is toegerus met ‘n digitale Allen-orrel wat oor 22 registers beskik. Die akoestiek op die Heldesaal vergelyk baie goed met die van Europese katedrale en het ‘n na-galm van 6 sekondes. Die tweede vlak in die Monument, bekend as die Senotaafsaal, kan tot en met 900 mense akkommodeer en is vanweë sy geestelike sensitiwiteit veral vir aktiwiteite van ‘n meer stemmige aard geskik. Die Senotaafsaal kan ook vir geselekteerde kunsuitstallings aangewend word.

Die argitektuur en akoestiek van die Monument leen hom daartoe as ‘n uitsonderlike plek waar troues gehou kan word.

Vir navrae en besprekings, kontak 012 326 6770 / hennie.coetzee@vtm.org.za

Indien u hierdie fasiliteit aanlyn wil bespreek, kliek hier

Website Maintenance by Pretoria Web Design