Afrikaans Top

Groot Amfiteater

 

grootamfi2 GrootamfiK

Die Amfiteater is vir die Voortrekkermonument se inwyding op 16 Desember 1949 opgerig. Geleë aan die noord-oostekant van die Monument, is dit ontwerp om sitplek vir ongeveer 20,000 mense te bied en staanplek vir 10,000 mense.

Die Amfiteater is ideaal geskik vir groot konserte, kerkdienste en kompetisies en daar is reeds groot verbeteringe aangebring om dit hiervoor gereed te kry.

Die verhoog van Die Amfiteater is gedurende Maart 2001 deur ‘n aaneenlopende asfaltlaag bedek, aangesien die oorspronklike oppervlakte reeds baie agteruitgegaan en ernstig gelek het. Voorts is die Amfi-saal uitgebrei om tot 1 000 gaste te akkommodeer en is al die mans- en damestoilette in Die Amfiteater pas opgeknap.

Indien u ‘n opelugfasiliteit benodig wat tot 15 000 gaste kan akkommodeer en gerieflik in die hart van Pretoria geleë is, skakel gerus vir Hennie Coetzee op (012) 326 6770 / 323 0682.

Indien u hierdie fasiliteit aanlyn wil bespreek, kliek hier

Website Maintenance by Pretoria Web Design