Afrikaans Top

Fietsry, Draf en Staproetes

fietsVan die belangrikste eienskappe van die bergfietsbaan is soos volg:

  • Die verskillende opsies maak voorsiening vir die volle spektrum, van basiese beginners tot gevorderde “adrenalienverslaafdes”, met verskillende wegspringplekke om dit nog meer interessant te maak. Verdere roetes sal later vanjaar ontwikkel word.
  • Dit is geleë in ’n veilige, omheinde natuurreservaat met ‘n wye verskeidenheid fauna en flora, met voldoende, veilige parkering.
  • Daar is ’n verskiedenheid ander fasiliteite op die baan wat ook benut kan word, insluitende padfietsroetes, wandelpaaie, stap- en drafroetes, perderitte met gidse, braaiplek op die piekniekterrein en vele meer.
  • Lede van die geselskap wat nie fiets ry nie, kan intussen die VTM en die Erfenissentrum (normale toegangsgeld betaalbaar by beide), Fort Schanskop, die kunsgalery, die Muur van Herinnering, Gedenktuin ens besoek (lg’s. almal ingesluit by die basiese toegangsgeld), of ontspan by een van ons verskeie verversingspunte of die geskenkwinkel.
  • ’n Fietsdiensstasie en basiese onderdelewinkel sal, afhangend van die aanvraag, later vanjaar op die terrein geopen word. Fietse kan by die inligtingsentrum gehuur word.
  • Die toegangsgeld per fietsryer is R35, betaalbaar by die hoofhek. Gereelde ryers kan dit oorweeg om teen R250,00 per persoon per jaar as ’n Vriend van die VTM aan te sluit. Vriende word by bewys van lidmaatskapkaartjie vrygestel van die normele hektoegangsgeld.

Website Maintenance by Pretoria Web Design