Afrikaans Top

Biblioteek

Biblioteek(1)

Die Naslaanbiblioteek word in die nuwe, moderne Erfenissentrum gehuisves en bevat nagenoeg 15000 bronne: boeke, tydskrifte, pamflette, verhandelings en ander elektroniese bronne. Dit sluit in die kosbare Hertzog-versameling, en die versameling van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se Noord-Transvaaltak. http://www.gensa.info. Die biblioteek fokus op onderwerpe rondom Suid-Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis, met inbegrip van die Afrikaanse taal, onderwys-, kerkgeskiedenis, geskiedenis van plekke en plekname, militêre geskiedenis en erfenisbewaring. Die Groot Trek, Voortrekkermonument, die Anglo-Boereoorlog, Afrikaner-persoonlikhede en familiegeskiedenis maak deel uit van die gespesialiseerde fokus. Familienavorsing word al hoe gewilder, en die biblioteek blyk ook hier ‘n ryk bron van inligting te wees. As affiliaatbiblioteek van die bekende Family History Library (Genealogiese Vereniging van Utah) het ons ook toegang tot kerk- en ander registers op mikrofilm, teen ‘n billike tarief.

Die Biblioteek bied:

  • Gerieflike, veilige parkering
  • ‘n Gerieflike en moderne leeskamer met 25 leeshokkies en lugreëling.
  • Rekenaars vir naslaanwerk en Internet-toegang teen ‘n bekostigbare tarief.
  • Kragpunte vir skootrekenaars vir dié gebruikers wat verkies om hul eie saam te bring.
  • Sluitkassies is beskikbaar om sakke en waardevolle items te bêre.

Oop:

Maandag tot Vrydag: 08H00 – 16H00
Saterdag: Gesluit behalwe elke tweede Saterdag van die maand, 10H00-14H00

Toegangsgelde:

R30 indien slegs die Naslaanbiblioteek gebruik word. ‘n Erfenisheffing van R5 is ook van toepassing.

Navrae:

Malene Schultze
Tel: 012 325 7885
bib@erfenisstigting.org.za

Website Maintenance by Pretoria Web Design