Afrikaans Top

 Inleiding

MonumentPanoramakDie majestueuse Voortrekkermonument is in die noordelike deel van Suid-Afrika, in die Pretoria (Tshwane)-streek, in ‘n natuurreservaat geleë. Dié unieke Monument gedenk die pioniersgeskiedenis van suidelike Afrika en die geskiedenis van die Afrikaner en is in ‘n pragtige omgewing geleë.

Die Monument is in 1949 ingewy. Dit is ontwerp deur argitek Gerard Moerdijk. In die Heldessal is die wêreld se langste historiese marmerfries. ‘n Tapisserie met meer as drie miljoen steke word in die Senotaafsaal gehuisves.

Die Monument is vandag die mees besoekte erfenisterrein van sy soort in Gauteng en een van die top tien kultuurhistoriese besienswaardighede in die land. Dit is ook die enigste Graad 1 Nasionale Erfenisgebied in Pretoria. Die Monument bestuur ook die Bloedrivier Erfenisterrein.

Klik hier vir ‘n kaart van die terrein en die fasiliteite.

Die Erfenisstigting het tans kantoorspasie te huur op die Monument se terrein. Dit bestaan uit ‘n vloer oppervlak van ongeveer 135m3, met eie geriewe. Belangstellendes kan bemarking@vtm.org.za kontak.

Sjina

 chinesewebsite

Bloedrivier

 YMGQpUM1

Affiliasies

 

Nuusbrief

Plaas u epos adres.

VTM Vriende

 handshake

Sosiaal

 Facebook_Logo

tshwane

VTMRestAd
ErfdagAfr
MarkAfr

Website Maintenance by Pretoria Web Design